
Angus Pioniers Annual Auction
Angus Pioniers hosts their Annual Auction on 29 May 2025 at Blaauwberg Farm, Melkbosstrand, Western Cape. Joyce’s Angus Stud and Groote Post Angus Stud are the sellers of at this auction. Angus Pioniers brings you performance tested and accredited Angus Stud and commercial animals.
The first four links are to the data sheets available, followed by photos and videos of all lots and commercial red and black angus cows.
The Top Lots | Die Top Lotte
Lot 09 SCJ 21 0114 Kozi 114 ET
Kozi 418’s stel nooit teleur nie!! Die Matriarch-koeifamilie is uitstekend met emmers vol melk. Kozi het ‘n uitstekende voorkoms en verseker ‘n stoetbul!! Het hom in ons kudde gebruik en sy kalwers doen die praatwerk vir hom!!
Kom luister self hoe hy praat!!
Lot 10 | SCJ 23 0003 Sensasie
Geteel uit twee Nasionale Kampioene!!
Sensation 136 se kalwers is dik en lank. Sensasie dra vleis en almal weet vleis is geld!! Lang bul met goeie bespiering. Ons het hom in ons kudde gebruik en hou ‘n semenaandeel terug.
Lot 11 | SCJ 23 0031 Rainfall
Die Kinkaid-koeifamilie maak hulle mooi. Sy ma is geen uitsondering nie. ‘n Bul vol potensiaal, én VLEIS!!! Kalwingsgemak; melk; groei en vrugbaarheid, alles in een!! Moenie uitmis op die vleismasjien nie
Lot 12 | SCJ 23 0107 Honeymoon
Gee hom jou koeie, én dit sal heeltyd “honeymoon” wees op jou plaas!! Jong bul met sterk kop, goeie bespiering en goeie testes en skede.
Lot 14 | SCJ 23 0088 Power House
Die beste Moon Right van die dag. `n Bul vol POWER en bespiering. `n Uitstekende testes en kop, goeie agterkwart en so vrugbaar soos more die heeldag. Hy sal sy kant enige plek in die land bring!
Lot 23 | SCJ 20 0075 Ms Skylark
`n Mooi Normandy dogter. Oop vers geteel uit die Mequatling kudde; wat goeie vroulike eienskappe toon, is stylvol en het goeie speenplasing. Sy en haar nageslag sal hulle kant sal bring.
Lot 24 | SCJ 23 0123 Ms Kinkaid
Kinkaid-vers geteel uit `n Mequatling Doukisa-seun. Sy kom met genoeg melk om haar kalwers te kan groot maak, sy is vroulik en moet jou oog gevang het met haar lang lyf.
Lot 25 | SCJ 23 0009 Ms Laura
Ms JD dogter wat oog vang. Geteel uit een van ons basis koeie. Stone Cold was `n besonderse bul geteel uit die French Kiss-koeilyn. Sussies is staatmakers, so ook sy dogters. Sy is lank, vroulik en dra baie vleis.
Lot 26 | SCJ 20 0065 Ms Shorty
Top Ben Ten dogter, swaar in kalf van die kampioen bul, Joyce`s Kitshoff, wat vroeg in Junie sal aankom. Sys vroulik, terwyl sy onsaglik baie vleis dra. Sy kan net `n aanwins wees vir jou kudde.
Lot 27 | SCJ 22 0048 Ms Nellie
Een van twee Joyce’s Army-dogters (04183 x Red Anny) wat aangebied word by die 15de Angus Pioniers veiling. Dragtig bevestig van Joyce’s Kitshoff (einde Julie). Haar Nellie moeder bring haar kant en sy sal in haar voetspore volg. Vroulik met goeie uierontwikkeling en speenplasing.
Lot 28 | SCJ 22 0043 Ms Tessa
Met die Red Anny 777 as ouma, kan jy nie verkeerd gaan nie. Makojalo Tessa is `n vrugbare staatmaker koei. Dragtig bevestig van Joyce`s Ox Nche, om mid Julie te kalf. Baie vroulik en beskik oor `n goeie uier.
Red Commercial Cows
Black Commercial Cows
Contact
Stud Contact Details
Seymour Currie 083 327 9186 | Worsie Swart 072 143 6115
Auction House Details
Wilhelm van Niekerk 083 284 7100